Oordenking

Lees: Ps. 127: 1 – “As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou…”

As die Here die huis nie bou nie; As die Here die stad nie beskerm nie.
Hierdie twee versreëls moet in noue samehang met mekaar verklaar word.

Uniegebou - Pretoria

Wat word met “huisbou” en “stad beskerm” bedoel? Dit is duidelik uit die teks dat die woorde heel algemeen bedoel word. Daar word gepraat van ‘n huis (enige huis) en ‘n stad (enige stad). Huisbou en stads-bewaking was gewone, alledaagse aktiwiteite. In lyn met hierdie soort psalm wat ‘n wysheidspsalm is wil die digter algemene waarhede uitspreek oor die alledaagse lewe. In die lig van die res van die psalm en ander gedeeltes in die Ou Testament, is dit vanselfsprekend dat ons dit lees in die betekenis van “om ‘n familie te bou, om te lewe in gesinsverband”

Maar ‘n gesin lewe nie geïsoleerd nie – dit maak deel uit van ‘n gemeenskap – daarom vers 1 se laaste deel. Een van die basiese behoeftes van die ou Naby-Oosterse stede was sekuriteit. Vandaar die hoë mure wat om die stede gebou is, en die wagte wat op strategiese uitkykposte geplaas is om alarm te maak in geval van gevaar van buite.

Die punt van vergelyking tussen hierdie versreëls is dat dit nie verkeerd is om menslike planne te hê nie. Dit is nie verkeerd om mooi drome en ideale te koester nie, maar menslike inspanning is tevergeefs as dit nie gepaard gaan met die Here se teenwoordigheid en seën nie. Die woord “tevergeefs” dui juis op sinloosheid. Sonder God is die mense se aktiwiteite sinloos, en ‘n gejaag na wind. Die mens se pogings om vir homself naam te maak en sekuriteit te skep, as niks werd as dit nie die Here in berekening bring nie. Die mens se bouwerk moet met die van die Here gepaard gaan en die mens se pogings om te beskerm moet met die van die Here gekombineer word. As die Here nie die bouer is nie, is die bouwerk verniet. Die wag wat die heelnag wakker bly is geen waarborg vir de sekuriteit van die stad as die Here nie beskerm nie.

Ons lewe in ‘n tyd waarin almal baie bewus is van veiligheid en sekuriteit. Ons omhein ons skole met doringdrade. Ons omhein ons erwe met hoë heinings, ons huise lyk soos forte; ons beskerm ons motors met alarms. Die winkels is toegerus met allerhande veiligheidsmeganismes: sekuriteit, kameras, wagte. Natuurlik moet ons ons beveilig: dit sal in elk geval in die lig van ons situasie in Suid – Afrika dom wees om dit nie te doen nie. Wie egter so angsvallig ingestel is op sy eie veiligheid en vergeet dat dit die Here is wat moet beskerm, toon sy kleingeloof in die beskerming van die Almagtige. Hierdie psalm wil ons leer dat menslike planne altyd afhanklik is van die seën van God, anders bly dit menslike planne.

 

Hoe moet ons die Bybel verstaan?

Deur die eeue het gelowiges gevra na die regte verstaan van die Bybel. Soos in die verlede wil gelowiges vandag graag weet wat hulle moet glo, hoe hulle moet leef en aanbid. Die Bybel word vandag in baie opsigte deur Bybellesers misbruik. Met die misbruik van die Bybel word sommige kerke en lidmate se verkeerde Skrifverstaan “Goddelik” gesanksioneer. Die dilemma rondom die uitleg van die Bybel is dat Bybeltekste baiemaal funksioneer in diens van interpreteerders se eie dogma of ideologie. Gelowiges wil vandag weet hoe hulle die Bybel beter kan verstaan, te midde van ‘n oorvloed navorsing oor en rondom die Bybel, wat soms meer daarop gemik is om die gesag van die Bybel te bevraagteken as om die Bybel verstaanbaarder te maak vir die gewone Bybelleser.

 

Continue reading Hoe moet ons die Bybel verstaan?

Die bronteks van die Bybel

Die Bybel was oorspronklik in Hebreeus, Aramees en Grieks geskryf. Ongelukkig het ons nie vandag meer die oorspronklike manuskripte van die Bybel nie. Vandag is ons aangewese op kopieë van die Bybelse manuskripte wat soms baie laat eers geskryf was. Vir baie jare is Christene al op soek na die beste Hebreeuse en Griekse tekste (grondtekste) vir vertalings van die Bybel, omdat ons van oordeel is dat ons graag die Woord van God wil hoor soos die skrywers dit bedoel het. In hierdie artikel handel ons oor die beste teks vir die vertaling van Bybels, asook die probleem met die sogenaamde "Textus Receptus". 

Continue reading Die bronteks van die Bybel

Die gebruik van Lossing

In hierdie artikel kyk ons na die Ou Testamentiese gebruik van lossing. Ons beoordeel die saak ook in die lig van die Nuwe Testament. Dit is uiteraard nie die belangrikste gebruik in die Bybel nie, ook nie die enigste of die eerste gebruik waarmee ons in die Bybel te doen het nie. Maar om die gebruik van lossing te verstaan kan vir die leser van die Bybel baie “moeilike” gedeeltes oopsluit, veral met betrekking tot die verband tussen die Ou- en Nuwe Testamente.

Continue reading Die gebruik van Lossing

Die koms van die Koninkryk

Baie publikasies verskyn deesdae oor die “wederkoms” van Christus, en dit wil lyk dat as iemand baie geld uit ‘n boek wil maak, hy oor die wederkoms skryf. Daar is egter baie publikasies wat mense meer deurmekaar maak, en ver van die waarheid staan. Hierdie artikel probeer om ernstig, maar nugter oor die koms van die Koninkryk te dink, soos wat die Nuwe Testamentiese skrywers ons leer…

Continue reading Die koms van die Koninkryk

Eer en skaamte in die Nuwe Testament

Die mense in die tyd van die Nuwe Testament het baie anders gedink as wat ons vandag doen. Vandag word algemeen aanvaar dat “eer” en “skaamte” ‘n belangrike rol gespeel het in die sosiale lewe van die mense van die Nuwe Testamentiese tyd. Dit word ook algemeen aanvaar dat ons hierdie belangrike sosiale “spel” moet verstaan, om sekere dele in die Bybel beter te verstaan.

Continue reading Eer en skaamte in die Nuwe Testament

Geanker in Christus