Oor die gesinslewe


Die belang van liefde en opoffering in die gesin Afdruk E-pos
Oor die gesinslewe
Geskryf deur Prof. Gerrit Smit   

Die Bybel sien die onderlinge verhoudinge van die familie groei vanuit 'n verbintenis of verbond. Hierdie verbintenis groei uit God se verbond met Israel en deur Jesus Christus met sy kerk. Vir Christene is die kruisdood van Christus die voorbeeld van wat 'n selfverloënende lewensverbintenis beteken (1 Joh 4:10). Gesinne is daarom vir die Bybel verbondsverhoudinge waar 'n selfopofferende lewensverbintenis geleer en uitgedra word. Hierdie verbintenis is belangrik vir Christene se verstaan van die huwelik en die verhouding tussen ouers en kinders.