1 Korintiërs Afdruk E-pos
1 Korintiërs
Geskryf deur Prof. Gerrit Smit   
Artikel Indeks
1 Korintiërs
Page 2
Page 3
Page 4
Page 5
Page 6
Page 7
Page 8
Page 9
Page 10
Page 11
Page 12
Page 13
Page 14
Page 15
Page 16
Page 17
Page 18
Page 19
Page 20
Page 21
Page 22
Page 23
Page 24
Page 25
Page 26
Page 27
Page 28
Page 29
Page 30
Alle bladsye

30 Oordenkings oor die eerste brief van Paulus aan die Korintiërs.

1.DIE GENADE EN VREDE VAN GOD IS MET JULLE

Lees: 1 Kor. 1:1-9 

Genade vir julle en vrede... – 1 Kor. 1:3.

"Nie elkeen kry 'n reis na Korinte nie". Dit was in die ou dae 'n spreekwoord wat in die Griekse én in die Latynse taal baie bekend was. Hieruit blyk dat Korinte as 'n sentrum van vermaak en ontspanning gewild was. Elkeen wou daarheen gaan met vakansies. Daar was geen plesieriger stad om in gesien te word en die lewe te geniet as Korinte nie. Saam met die plesier was die onsedelikheid en afvalligheid van die heidendom kenmerkend aan hierdie groot stad.

Paulus begin sy eerste brief aan die jong gemeente in Korinte met ‘n groet (1 Kor. 1:3), waarin hy die gemeente vertroos met die wete dat God hulle seën te midde van die stryd wat hulle binne die heidense gemeenskap het. God se genade en vrede is aan hulle geskenk. Dit behoort hulle moed te gee om hulle getuienistaak in hierdie groot stad met vreugde uit te voer.

Deur sy Heilige Gees is God se genade en vrede steeds elke dag by ons. Dit gee ons rigting in die rigtinglose wêreld en hoop wanneer die situasie waarin ons ons begeef hopeloos lyk. Vertrou dat God se genade wat Hy in Christus aan ons gee, ook jou lewe en gedagtes rigting gee.

Gebed: Here, ten spyte van al die aanslae wat die kerk beleef is dit wonderlik om te weet dat u genade en vrede ons bybly.

Bykomende Skrifgedeelte: Psalm 26

Het u geweet? Korinte was ‘n baie ryk stad as gevolg van die hawe. Die Christene in Korinte was hoofsaaklik arm, omdat die meerderheid heidense slawe was wat tot bekering gekom het.