|
Lees: Psalm 103 Ps. 103:1 - "Loof die Here, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!" Hierdie psalm gee die gelowige 'n wonderlike troos in ‘n donker tyd. Die geskiedenis word aktueel gemaak wanneer die geskiedenis van lank terug ingetrek word in “ons” geskiedenis. In vers 10 lees ons: daardie geskiedenis van die Here se goedheid teenoor Moses en sy volk is ook ons geskiedenis van die nabyheid van die Here. Vers 13 gee ‘n onuitputlike troos aan die Here se kinders, naamlik Hy is soos ‘n pa vir sy kinders. Soos wat ‘n aardse pa sy kinders se stoutheid weer en weer oorsien, so ontferm ons Vader Hom oor die wat Hom liefhet. So ver as wat die ooste verwyder is van die weste, so ver vat Hy ons oortredings van ons af weg (vers 12). Dit is in die dieptes van die see. Ons kan nie in die dieptes van die see insien nie, met ander woorde God sê: ons sonde is weg! Omdat die Here weet wie en wat ons is, het Hy medelye met ons swakheid, daarom was dit in sy Raadsplan dat die sonde wat die mens van die ewige lewe weggehou het, in Christus nie meer ‘n rede is om God nie lief te hê nie. Psalm 103 herinner ons aan die een kant aan die verganklikheid van die mens. Soos die gras wat in die dorre Palestina net na die reën uitkom om maar weer in die skroeiende son te verdroog binne enkele dae, so is die mens. So kortstondig soos die blomtydperk van ‘n lenteblommetjie in die veld. As die warm woestynwinde daaroor waai, bly daar niks oor om jou te herinner dat daar eens ‘n blommetjie gestaan het nie. Maar aan die anderkant word ons herinner aan God se ewigheid – Hy werk in die geskiedenis. Hy vergewe. Hy verlos. Hy maak die weg oop na die ewige lewe. Die wonderlike boodskap van hierdie psalm is dat die mens wat die grootheid en die genade van die Here erken, en gevolglik sy eie verganklikheid raaksien, deel het aan die ewigheid van God. So iemand deel in God se liefde en het die versekering: ek is God se kind! So iemand is 'n pelgrim oppad na die hemelse huis. “Loof die Here, o my siel en alles wat in my is.” |
|
|
Deur die eeue het gelowiges gevra na die regte verstaan van die Bybel. Soos in
die verlede wil gelowiges vandag graag weet wat hulle moet glo, hoe hulle moet
leef en aanbid. Die Bybel word vandag in baie opsigte deur Bybellesers misbruik.
Met die misbruik van die Bybel word sommige kerke en lidmate se verkeerde
Skrifverstaan “Goddelik” gesanksioneer. Die dilemma rondom die uitleg van die
Bybel is dat Bybeltekste baiemaal funksioneer in diens van interpreteerders se eie dogma of ideologie. Gelowiges
wil vandag weet hoe hulle die Bybel beter kan verstaan, te midde van ‘n
oorvloed navorsing oor en rondom die Bybel, wat soms meer daarop gemik is om
die gesag van die Bybel te bevraagteken as om die Bybel verstaanbaarder te maak
vir die gewone Bybelleser.
|
|
Lees meer...
|
|
In hierdie artikel kyk ons na die Ou
Testamentiese gebruik van lossing. Ons beoordeel die saak ook in die lig van
die Nuwe Testament. Dit is uiteraard nie die belangrikste gebruik in die Bybel
nie, ook nie die enigste of die eerste gebruik waarmee ons in die Bybel te doen
het nie. Maar om die gebruik van lossing te verstaan kan vir die leser van die
Bybel baie "moeilike" gedeeltes oopsluit, veral met betrekking tot die verband
tussen die Ou- en Nuwe Testamente.
|
|
Lees meer...
|
|
Baie publikasies verskyn deesdae oor die "wederkoms" van Christus, en dit wil lyk dat as iemand baie geld uit 'n boek wil maak, hy oor die wederkoms skryf. Daar is egter baie publikasies wat mense meer deurmekaar maak, en ver van die waarheid staan. Hierdie artikel probeer om ernstig, maar nugter oor die koms van die Koninkryk te dink, soos wat die Nuwe Testamentiese skrywers ons leer...
|
|
Lees meer...
|
|
Die mense in die tyd van die Nuwe Testament het baie anders gedink as wat ons vandag doen. Vandag word algemeen aanvaar dat "eer" en "skaamte" 'n belangrike rol gespeel het in die sosiale lewe van die mense van die Nuwe Testamentiese tyd. Dit word ook algemeen aanvaar dat ons hierdie belangrike sosiale "spel" moet verstaan, om sekere dele in die Bybel beter te verstaan.
|
|
Lees meer...
|
|
Die Bybel was oorspronklik in Hebreeus, Aramees en Grieks geskryf. Ongelukkig het ons nie vandag meer die oorspronklike manuskripte van die Bybel nie. Vandag is ons aangewese op kopieë van die Bybelse manuskripte wat soms baie laat eers geskryf was. Vir baie jare is Christene al op soek na die beste Hebreeuse en Griekse tekste (grondtekste) vir vertalings van die Bybel, omdat ons van oordeel is dat ons graag die Woord van God wil hoor soos die skrywers dit bedoel het. In hierdie artikel handel ons oor die beste teks vir die vertaling van Bybels, asook die probleem met die sogenaamde "Textus Receptus".
|
|
Lees meer...
|
|
In die Bybel leer ons dat mense vir God belangrik is. Maar daar was 'n tyd in die geskiedenis van die Bybelse mense dat die sosiale rolle baie anders was as na die koms van Christus. Christus het die sosiale rol van veral die sosiaal uitgeworpenes in 'n hele nuwe lig kom stel.
|
|
Lees meer...
|
|
Wie was die Esseners? Wat is die Dooie Seerolle? Wie was die Qumrangemeenskap? Wat het hulle geleer? Hier is 'n oorsig oor die belangrikste sake in verband met die Qumranrolle...
|
|
Lees meer...
|
|
Is dit reg of verkeerd om mens se liggaam te tatoeër? Vandag doen baie mense dit, ook Christene. Sê die Bybel iets oor tatoeërmerke? |
|
Lees meer...
|
|
|